
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:20 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

ROUBEKLAGVOORSTEL

(Tragiese dood van familie in Bishop Lavis)

*Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis sy simpatie uitspreek teenoor die gesin in Bishop Lavis wat tragies gesterf het toe hul huis vanoggend afgebrand het.

Goedgekeur.

	OPENINGSREDE VAN PREMIER

	(Debat hervat)

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, in teenstelling met bewerings wat in die Huis gemaak is deur agb lede aan daardie kant van die Huis oor die gebrek aan lewering en visie, s ek dat ons aan hierdie kant van die Huis sal voortgaan om ons 100-dag plan, soos verlede jaar aangekondig, te implementeer. Dit is ons duidelike aksieplan om ons 2020-visie te verwesenlik, wat ons nege beleidsdoelwitte in die letter en gees nou navolg. Meer detail omtrent ons prestasies sal tydens die Begrotingsdebat gegee word.

Meneer, enige intelligente politikus sal weet dat hierdie nie die normale wantrouedebat is nie. Dit was 'n persoonlike debat, gemik op die persoon van die Premier. [Tussenwerpsels.] Ek kan dit hanteer. Hulle het nie die kwessies aangespreek nie. Hulle het die man en nie die bal nie probeer speel, waaraan ek gewoond is. Dit is duidelik ...

*Mnr C M DUGMORE: U leierskap is swak.

*Die PREMIER: Wel, hulle leierskap is verskriklik, want hulle het die agb lid mnr Dugmore van sy wittebrood teruggeroep om hierdie banke te kom help volmaak. [Gelag.]

Meneer, dit is 'n duidelike bevestiging van die feit dat hulle meelopers niks meer as politieke afwykendes is nie. Hulle wilde pogings om karaktermoord te pleeg het misluk, soos wat dit in die verlede met Hernus Kriel en dr Niel Barnard misluk het.

*Mnr C M DUGMORE: Waar is Hernus nou?

*Die PREMIER: Hy het uitgetree. [Tussenwerpsels.] Hy geniet sy lewe. [Tussenwerpsels.]

Die agb Leier van die Opposisie het weer misluk. Die ANC het weer misluk om ons Provinsie te destabiliseer. [Tussenwerpsels.] Hulle het dit probeer doen. [Tussenwerpsels.] Ons sal nie afgeskrik word om aan al ons mense in die provinsie te lewer nie. [Tussenwerpsels.]

Die LEIER VAN DIE HUIS: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek wys u graag op Rel 44 van die Reglement, dat 'n lid toegelaat moet word om sy toespraak te lewer sonder om in die rede geval te word, behalwe in die geval wanneer 'n punt van orde gestel word, 'n saak van voorreg opkom, of vanwe die aanwesigheid van vreemdelinge in die Huis. Ek vra dat u as sulks sal beslis.

Die SPEAKER: Orde! Agb lede weet ook almal dat ons 'n konvensie het dat ons vir die agb Premier en die agb Leier van die Opposisie besonderse stilte gee om hul saak te stel. Die agb Premier kan voortgaan met sy repliek. Ek vertrou dat alle agb lede die tradisie van die Huis sal respekteer.

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ons sal voortgaan om die ANC hier en elders te oortref. [Tussenwerpsels.] Ons stryd sal voortgaan omdat ons die ware sake aanspreek.

Ek het na die opmerking van die agb Leier van die Opposisie geluister, maar die ANC is klaarblyklik in 'n warboel. [Tussenwerpsels.] Hy het daardie laaste aanval geloods om aandag van sy eie mislukkings af te weer. Hy kon nie daarin slaag om die ANC se lidmaatskap in hierdie provinsie te vergroot nie. Is ek reg? [Tussenwerpsels.] Ja, maar natuurlik, hulle kon lede koop. Dit kon hy doen. [Tussenwerpsels.] Die ANC-lidmaatskapsyfers daal vinnig. Hulle takke stort ook in duie. En, die agb lid mnr McKenzie het ook nie gelewer soos hy belowe het nie. [Tussenwerpsels.] Die veiling van "Patrick Promises" was ook 'n volslae mislukking, en teen watter prys? Wie het hy gemarginaliseer of eenkant toe geskuif om hom hier te kry?

*Mnr P C MCKENZIE: Hoeveel mense het vir u gestem?

*Die PREMIER: Hulle interne verslag bevestig dat ras steeds 'n probleem in die ANC is; die rassekaart wat hulle almal oor die afgelope paar dae gespeel het. SANCO is vinnig besig om die tuiste vir vervreemde Afrikaniste in die ANC te word. Dit is bevestig deurdat hulle nie die Helderberg-tussenverkiesing kon wen nie. Hulle het nie baie daaroor ges nie, het hulle? [Tussenwerpsels.]

As 'n mens onmin saai, sal jy onmin maai. Hulle pogings om een deel van ons gemeenskap te destabiliseer, het misluk. Die ANC is in die moeilikheid in die Wes-Kaap. [Tussenwerpsels.]

Wanneer dit by die bestuur van diversiteit kom, wil ek vir die agb Leier van die Opposisie 'n wenk gee. 'n Mens kan nie diversiteit bestuur deur dit eenvoudig te vervang met jou eie gedagte van wat in die hoofstroom moet wees nie. Die krag van ons eenheid l in die krag van ons provinsiale trots. Ons is trotse Kapenaars - wat is julle?

Mnr M OZINSKY: Ons is Suid-Afrikaners. [Gelag.]

Die PREMIER: En nie Kapenaars nie? Is julle nie trotse Kapenaars nie? [Gelag.]

Mnr C M DUGMORE: Is u nie 'n Suid-Afrikaner nie? [Tussenwerpsels.]
*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek het aan daardie agb lede ges: hulle is beslis nie trots op die Wes-Kaap, op al ons prestasies nie, is hulle?

*Me T ESSOP: U kan dit nie lei nie.

*Die PREMIER: Wel, hulle kan nie trots wees op hul party se prestasie enige plek elders in hierdie land nie; so waarop is hulle dan trots?

Ons aan hierdie kant van die Huis sal nie toelaat dat hulle hierdie provinsie met hulle verskroeide aarde-beleid verbrand nie. Dit sal hulle leer. [Tussenwerpsels.]

Dan, natuurlik, het die agb Leier van die Opposisie en die agb lid mnr Dugmore gister 'n beroep gedoen dat ons die koalisie herstruktureer met die ANC as 'n vennoot. Hulle was klaarblyklik by hulle "spin doctors"! Ek het die agb Leier van die Opposisie daardie kans gegee.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Een setel.

*Die PREMIER: Ek het hom daardie kans gegee.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Een setel.

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek het ook vir hom ges dat ons inklusiwiteit in die Provinsie nodig het. Ek het ges as hulle lede in ander kabinette regoor die land sou insluit, en in die nasionale Kabinet, ons dit hier sou oorweeg, ...

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: U het dit voorwaardelik gemaak.

*Die PREMIER: ... maar hy het nie.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Waarom agt maande wag ... [Onhoorbaar.]

*Die PREMIER: Hy het dit natuurlik nie aanvaar nie, want een van die take wat ek hom sou gee, was polisiring. [Tussenwerpsels.] Hoewel hy die hele tyd gekritiseer het, was daar vir hom 'n kans om die uitdaging te aanvaar en met ons saam te werk, maar hy het nie.

*Mnr C M DUGMORE: U het u siel vir Leeuwenhof verkoop. [Tussenwerpsels.]

*Die PREMIER: Nee, ek hoef niks te verkoop nie.

Ek wil daardie agb lede die versekering gee dat hierdie koalisieregering, ondanks wat hulle s, aan die armes sal lewer. Kyk na ons nege beleidsdoelwitte. Ons sal aan die armes lewer. Meneer, 88% van ons Begroting word aan die drie groot departemente bestee, en dit sluit nie die Begroting vir Behuising in nie.

*Mnr C M DUGMORE: Waarom het u u armoede-Minister in die pad gesteek?

*Die PREMIER: Die agb lid mnr Dugmore moes in Mauritius gebly en dit daar geniet het, en nie hier 'n geraas kom maak nie.

Meneer, die agb Minister van Behuising moes 114 000 huise voorsien; hy het 120 000 huise voorsien, baie meer as wat hy moes voorsien, en hy sou baie meer kon voorsien as sy Begroting nie ingekort is nie.

*Mnr M OZINSKY: Hoeveel geld is in sy sak? [Tussenwerpsels.]

*Die PREMIER: Dit gebeur nie hier soos wat dit in die ANC gebeur nie. Die agb lid moet daardie vraag elders vra.

Die LEIER VAN DIE HUIS: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: die agb lid mnr Ozinsky het gevra, "Hoeveel geld is in sy sak?" Wil hy daardeur voorgee dat daar onderduimsheid aangaan?

*Die SPEAKER: Orde! Dit was deel van die groot debat hier. Het die agb lid mnr Ozinsky gempliseer dat die agb Premier by onbehoorlike gedrag betrokke was? [Tussenwerpsels.] Of wat het die agb lid ges?

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek het nie na die agb Premier verwys nie. Ek het na die agb Minister van Behuising verwys, en ek het gevra hoeveel geld hy in sy sak het. [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Orde! [Tussenwerpsels.] Orde! Die agb lid mnr Ozinsky sal dit moet terugtrek. Die Begroting wat genoem is, was die Behuisingsbegroting en die implikasie is baie duidelik dat die geld wat aan behuising toegewys is na die agb Minister van Behuising se sak gegaan het. Die agb lid mnr Ozinsky moet dit terugtrek. [Tussenwerpsels.]

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek trek dit terug.

*Die SPEAKER: Orde! Die agb Premier mag voortgaan.

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, wanneer ons oor Onderwys, Gesondheid en Welsyn praat, moet ons onsself die vraag afvra: waarom kom ons broers en susters uit die Oos-Kaap en ander provinsies na hierdie provinsie toe? Weet agb lede waarom? Dit is omdat die ANC nie daar gelewer het nie. Dit is waarom hulle hierheen kom. Kan agb lede aan die ander kant van die Huis my 'n beter rede gee? [Tussenwerpsels.] Kan hulle my 'n beter rede gee waarom hulle hierheen kom? [Tussenwerpsels.] Of hou hulle soveel van hierdie deel van Suid-Afrika dat hulle almal hierheen kom? Wat is die rede?

Meneer, ouers in die ander provinsies raak desperaat, en ons het dit in hierdie Huis gehoor. Uit desperaatheid stuur hulle hul kinders na die Wes-Kaap sodat hulle goeie onderwys kan ontvang, selfs deur gebruik te maak van vervalste matrieksertifikate. Ek voel jammer vir hulle. Soms voel ek die mense van die Wes-Kaap moet besef watter bekwame onderwyskorps ons het, wat die uitslae wat ons behaal het, kan verwesenlik. Dit is baie belangrik. Dit is ook een van die maniere waarop ons ons mense bemagtig.

Wat gesondheid betref, is daar baie ges oor die feit dat ek nie MIV/Vigs in my Openingsrede genoem het nie. Die agb Leier van die Opposisie en almal is daarvan bewus dat ek dit reeds 'n jaar lank noem. Ek het ges wat ek sal doen. Hulle het my gekritiseer omdat hierdie die enigste provinsie was wat AZT aan swanger vroue gee. [Tussenwerpsels.] Hulle kom almal na die Wes-Kaap. [Tussenwerpsels.] Hy probeer die mense daar buite verkeerd inlig. Vir my is dit afkeurenswaardig. Mense het so desperaat geraak dat swanger vroue na die Wes-Kaap kom om hul babas hier te kry. As hulle die matrones by die hospitale vra, sal hulle vir hulle s wat gebeur.

Soos wat agb lede die agb Minister van Gesondheid hoor s het, sal ons uit ons pad gaan om hulle te probeer akkommodeer, want hulle is almal deel van die Suid-Afrikaanse nasie, en ons sal hulle nie probeer marginaliseer soos wat die ANC-lede doen nie. Ons sal nie doen wat hulle in die Huis probeer doen nie.

Mnr die Speaker, ek wil nou oor armoedeverligting praat. Ek het dit aan die einde van my Openingsrede genoem. Ek wil agb lede daaraan herinner dat hierdie die enigste provinsie is waar ons twee Ministers het, een in die Kantoor van die Premier, om na armoedeverligting te kyk. As ek nie vir die armes omgegee het nie, dink daardie agb lede dat ek daardie weg sou inslaan? [Tussenwerpsels.] Daardie agb lede moet nie die mense daar buite verkeerd inlig nie! Dit is ANC- en SAKP-propaganda, maar die mense sal deur hulle sien.

Die koalisieregering sal voortgaan om verligting ingevolge ons beleidsdoelwitte te lewer, en wat ons armoedeverligtingskonsultante ook al aanbeveel. Die vertoning sal voortgaan. Ons sal voortgaan om aan die armstes van die armes te lewer.

*Me L N PHIKE: Wanneer?

*Die PREMIER: Daardie agb lid sal 'n toeskouer bly. Dit is nie 'n sirkus hierdie nie, maar ek wil vir hulle s dat daar narre onder die toeskouers is.

Dan is daar, natuurlik, die versoek om 'n geheime stemming. Dit is waarom die pers vandag hier is - normaalweg sou hulle nie kom nie. Mnr die Speaker, dit is ongehoord in enige moderne demokrasie, behalwe dalk in ANC-kringe, dat stemming op 'n geheime manier geskied. [Tussenwerpsels.] Ons sal nooit enigiemand toelaat om ons lede op 'n geheime manier te koop nie. [Tussenwerpsels.] As hulle nog van ons lede wil koop, moet hulle dit in die volle aangesig van die publiek doen. [Tussenwerpsels.] Hulle moet dit doen. [Tussenwerpsels.] Ek wil egter vir hulle s dat ons lede nie op te veil is nie. Diegene wat op te veil was, is reeds weg.

Onthou agb lede die frase uit Shakespeare se toneelstuk, Julius Caesar, "Et tu, Brute?"? Onthou agb lede daardie frase?

'n AGB LID: Ja.

Die PREMIER: Hulle kon dalk die agb lid mnr McKenzie gekoop het, en ek het bedigde verklarings in hierdie Huis in daardie verband gebring, en dit is dus nie wensdenkery nie. Hulle kon dit dalk doen, maar het hulle werklik nog eier op hul gesig nodig? Vra eerw Allan Hendrickse omtrent Brutus, wat so naby aan hom gesit het as wat hy langs die agb Leier van die Opposisie sit, voordat hy hom in die rug gesteek het. Patrick Promises het in die verlede gelieg en Patrick Promises sal weer lieg. Ek eindig met, "Et tu, Brute?"

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: kan die agb Premier s 'n persoon het gelieg?

*Die SPEAKER: Orde! Die vraag gaan oor bedoeling. Ons laat toe dat een lid s 'n ander lid lieg, maar wanneer hy s, "doelbewus", of impliseer dat die ander lid die hele tyd lieg - dat daar bedoeling is - moet die lid daardie opmerking terugtrek. Gee die agb Premier te kenne dat die agb lid mnr McKenzie opsetlik lieg?

*Die PREMIER: Ja, meneer.

*Die SPEAKER: Dan moet die agb Premier dit terugtrek. [Gelag.] [Tussenwerpsels.]

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek het die moed van my oortuiging. Ek sal dit ter wille van die rekord terugtrek, dit is al. Ek sal dit buite s. Ek het die bedigde verklarings. Ek kan dit buite s. Ek sal dit nou buite s. [Tussenwerpsels.] Ek kan dit s.

*Die SPEAKER: Orde! Die agb Premier mag voortgaan met sy toespraak.

*Die PREMIER: Ek maak nie aantygings nie.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek dink ons moet Hansard nagaan en vasstel of die gemompelde woorde van die agb Premier 'n terugtrekking is of nie.

*Die SPEAKER: Orde! Die agb Premier het daardie opmerking teruggetrek en hy mag met sy repliek voortgaan.

*Die PREMIER: En dan, mnr die Speaker, wil ek die agb lid mnr Strachan insluit, wanneer dit by onwaarhede kom, as dit die woord is wat ek moet gebruik. Ek glo hy vertel onwaarhede aan sy koukus en aan sy kinders. Dit is 'n welbekende kommunistiese praktyk om kinders te indoktrineer.

*Mnr G R STRACHAN: Gaan dit oor eier op die gesig?

*Die PREMIER: Ja, dit is. Het die agb lid mnr Strachan sy kinders vertel van die miljoene mense wat onder kommunisme van die honger omgekom het? En dat dit die soort kommunisme is wat hy in ons provinsie wil invoer? [Tussenwerpsels.] Die agb lid het eier op sy eie gesig. Dit is egter beter om eier op 'n mens se gesig te h as niks in jou maag nie. [Tussenwerpsels.]

Ek wil die agb Leier van die Opposisie waarsku dat sy leierskap, soos di van Chris Nissen was, deur sy eie lede bedreig word. Hy moet versigtig wees. Laat hom dit uitwerk. Binne ses jaar was hy die vierde Leier van die Opposisie aan daardie kant. Ek dink hy het die langste van hulle almal uitgehou, maar ek waarsku hom om oor sy skouer te kyk.

Daarby kom die eer hom nie toe nie. Ek glo sy hele toespraak was eenvoudig 'n moddergooiery. Die vlymskerp opposisie wat hy belowe het, het 'n stomp instrument geword.

*Mnr M L FRANSMAN: U het dit reeds ges.

*Die PREMIER: Ek moet dit herhaal, sodat hy dit kan hoor. Dit het 'n stomp instrument geword. Dit kon selfs nie 'n bedankingsbrief oopmaak nie. 'n Regter sal hom en sy party beoordeel oor of hulle 'n doeltreffende opposisie was, en of hulle eenvoudig die broodnodige inkomste van ons dobbelbedryf van ons mense probeer weghou het. Die fondse en werkgeleenthede wat uit die dobbelbedryf spruit, is uiteindelik ten bate van die armstes van die armes. [Tussenwerpsels.] Hulle het dit weerhou. Die ANC, tesame met hulle politieke afvalliges, het lewering vertraag. Die ANC praat oor lewering; hulle moet weet dat vertraagde lewering ontsde lewering is. Vir my is dit 'n misdaad. [Tussenwerpsels.] Ek wil hulle graag vra of hulle gewete dit kan dra.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Ja.

*Die PREMIER: Kan hulle sakke dit verdra?

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Ja.

*Die PREMIER: Kan hulle party dit verdra?

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Ja.

*Die PREMIER: Ons wag met ingehoue asem - ...

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: U hoef nie te wag nie.

*Die PREMIER: ... die mense sal hulle beoordeel. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek verskil nie altyd met die agb Leier van die Opposisie nie en ek sal graag 'n konferensie oor rassisme verwelkom. Mnr die Speaker, dit moet egter nie misbruik word ... [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde!

Die PREMIER: Mnr die Speaker, dit moet nie misbruik word as 'n geleentheid om rasse-onverdraagsaamheid te stook, soos wat die agb Leier van die Opposisie in die Huis probeer doen het, nie, en hulle moet nie ras as 'n reddingstou beskou en dit probeer gebruik om steun te mobiliseer nie. Dit is onverantwoordelik en oneerbaar om dit te doen. Het hy die vergadering vergeet wat ek en hy drie dae nadat ek as Premier verkies is, met Madiba gehad het? Ek het saam met die agb Leier van die Opposisie 'n openbare verklaring gedoen, en ek het daardie belofte nagekom. [Tussenwerpsels.] Dit skyn hy het daardie belofte vergeet.

Mnr die Speaker, ek het laat verlede jaar 'n vergadering met die President gehad. Ter inligting van die agb Leier van die Opposisie, ek het 'n paar sake wat ek en die President by daardie vergadering bespreek het, met hom bevestig toe ek op 24 Januarie vanjaar aan hom geskryf het. Ek het onder meer ges, en ek haal aan:

I thank you for the cordial meeting we had ... With a view to future discussions, I feel that the following key points should be placed on record: the willingness of the Western Cape Government to work closely with Pretoria in general on issues of common interest to South Africa, with specific reference to disaster management, local government elections and transformation.

Ek gaan verder, en ek haal weer aan:

	The point of departure of the Western Cape Government is that the Western Cape provincial Constitution places specific obligations on us as a Provincial Government and that we do not wish those responsibilities to be threatened by other spheres of government; our willingness to work together to address the issue of racism in South African society and to assist in finding mutual solutions especially in our province.

The Western Cape Provincial Government is also concerned about the epidemic proportions which Aids and tuberculosis is taking on in our province, our country and our continent, and we are prepared to assist and offer support in whichever way possible. Our Department of Health will enter into further conversation with the national department over the issue of AZT.

Dit is jammer die President het dit nie destyds goedgedink om hierdie brief met die agb Leier van die Opposisie te deel nie.

Mnr die Speaker, ek wil graag verder gaan, en ek haal verder aan:

The Western Cape Government wants to cooperate with the Central Government in Pretoria with relation to Africa in general and the SADC; ...

- spesifiek in daardie konteks -

... the areas of Aids, agriculture and the development of officials have been mentioned as possible areas where further cooperation can take place.

Mnr die Speaker, my bona fides is daar.

Dan is daar natuurlik die brief waarna die agb Leier van die Opposisie verwys het, van iemand genaamd Thabo Mabaso, en ek wil byna glo dat hy hom aangemoedig het om die brief te skryf. Ek hoop die Cape Argus sal my antwoord op daardie brief druk, wat ek nie aan die Huis sal voorlees nie.

In die brief het mnr Mabaso die leuen of die onwaarheid voortgesit dat ek nie omgee vir die mense van Langa en Guguletu nie. Hy het ges ek het nie hierdie gebiede na die tornado of die verwoestende brande besoek nie. Ek was daar! Waar was hy? Ek het nie die agb Leier van die Opposisie by die brand by Langa gesien toe ek onlangs die pers en ander mense daarheen geneem het nie. [Tussenwerpsels.] Ek was daar en die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake was saam met my.

Ek het briewe hier wat ek aan die Burgemeester van Kaapstad geskryf het oor sekere dinge wat ek wil h sy moet doen, waarop ek selfs nie eens 'n ontvangserkenning gekry het nie. Daaraan is ons egter gewoond. [Tussenwerpsels.] Ek het nie die agb Leier van die Opposisie daar gesien nie.

Mnr die Speaker, soos wat agb lede, insluitende die agb Leier van die Opposisie wat die aantyging gemaak het, almal weet, het ek die toneel van die tornado saam met President Mbeki besoek en was ek daar op die Sondag wat dit plaasgevind het. [Tussenwerpsels.]

AGB LEDE: Nee! Nee!

'n AGB LID: In Guguletu?
*Mnr C M DUGMORE: Was u in Guguletu? Ja of nee?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek is daarvan beskuldig dat ek slegs Manenberg toe gegaan het.

AGB LEDE: Ja. [Tussenwerpsels.]

Die PREMIER: Maar dit is verkeerd. [Tussenwerpsels.] Die agb lid is verkeerd. Hulle moet hulle feite verifieer. Hulle moet die polisie vra. Ek was die Sondag by die polisiestasie en het per helikopter oor Manenberg en Guguletu gevlieg, maar nooit ... [Tussenwerpsels.] Die punt wat ek wil maak, is dat ek nie na een van die twee plekke toe gegaan het om daar te loop nie; ek is saam met die President daarheen om hom te vra dat dit tot 'n rampgebied verklaar word. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, daar is baie oor kieserregistrasie ges. Ek glo die registrasie van kiesers is die regte ding om te doen. Waarom moet ons ons mense ontkieser? Die ANC weet dat die grootste deel van hul kieserskorps versadig is. Die registrasie van kiesers word nie ter wille van 'n politieke party gedoen nie; dit is ter wille van almal wat moet registreer. Dit is die manier waarop 'n mens mense demokraties bemagtig. [Tussenwerpsels.]

*Mnr M OZINSKY: Dit is waarom dit in u Kantoor is.

*Die PREMIER: Ja. Agb lede het gehoor wat die agb Minister van Plaaslike Regering gister ges het - en ek stem saam met wat hy ges het - dat ons as Regering 'n verantwoordelikheid het om toe te sien dat geld behoorlik bestee word.

Mnr die Speaker, ek wil nie baie langer voortgaan nie. Ek glo die debat kon baie opbouend gewees het, was dit nie vir die aanval deur die ANC op persone nie - nie net myself nie, maar ook ander individue. Dit is nie die gees waarin ek die debat Dinsdag geopen het nie. Ek het ges ons moet probeer saamwerk.

Dit is duidelik dat die ANC hulle nooit met die feit sal vereenselwig dat hulle nie deel van die Kabinet is nie. [Tussenwerpsels.] Hulle het verkies om nie deel daarvan te wees nie. Die Kabinet is wettig. Dit is grondwetlik en, meer nog, dit lewer. [Tussenwerpsels.] Omdat dit lewer, moet dit klaarblyklik 'n groot verleentheid vir hulle wees. Ons sal nie ophou om dit te laat werk nie en ons sal aan die armstes van die armes lewer. Die uitnodiging aan die ANC staan steeds; die deur is nog nie gesluit indien hulle met ons wil saamwerk nie. Dit is hulle besluit, en die mense sal hulle volgens daardie besluit beoordeel.

Mnr die Speaker, ek wil graag die Kabinet en almal wat 'n bydrae tot hierdie debat gemaak het, bedank. Sekere goeie punte is gemaak, selfs deur lede aan daardie kant van die Huis; dit is egter jammer daar was so min daarvan.

Debat afgesluit.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, ek wil u graag oor 'n punt van orde toespreek.

U beslissing in antwoord op 'n brief van my vandag was dat u geen diskresie het om van die Rels en Prosedures soos wat u dit verstaan af te wyk nie, en derhalwe kon u nie instem tot 'n geheime stemming oor die voorgestelde mosie van wantroue nie. Daar word daarvan kennis geneem dat u beslissing op die volgende punte gegrond is.

Eerstens, die Rels skryf die proses voor ingevolge waarvan besluite in die Huis geneem word. Ons vestig u aandag met respek op die feit dat die Rels nie die proses waarvolgens besluite geneem word, uitdruklik voorskryf nie. Wat Rels 104 tot 107 doen, is om by implikasie 'n proses te sanksioneer wat deur konvensie, parlementre praktyk en presedente ontwikkel het. Die pad is derhalwe oop om die bestaande praktyk te wysig deur geheime stemming verder te voer.

Die tweede grond waarop u die versoek om 'n geheime stemming geweier het, is dat u geen afsonderlike bevoegdheid het om enige Rel ten opsigte van prosedures waarvoor daar spesifiek in die Rels voorsiening gemaak word, op te skort of te verander nie. Ek het sekere sake in daardie verband in my brief aan u uitgewys. Ek voel derhalwe dat u die bevoegdhede ingevolge Rel 1 het om 'n beslissing ten opsigte van bepaalde gebeurlikhede te maak. Die gebeurlikheid wat nou na vore gekom het, is die mosie van wantroue.

Ons wil verder s dat die konstitusionele status van die mosie van wantroue, volgens artikels 51(2) van die Wes-Kaapse Grondwet en 141(2) van die nasionale Grondwet, hierdie voorstel buite die bestek van die gewone Rels en prosedures van die Huis met betrekking tot voorstelle verwyder.

Dit is ons mening dat dieselfde prosedure waarvolgens die Premier verkies word, gevolg moet word om te besluit of hy moet bedank of nie - volgens artikel 6(a) van Bylae 3 van die nasionale Grondwet. [Tussenwerpsels.] Dit skryf eksplisiet voor dat 'n geheime stemming moet plaasvind. Die wese van demokrasie is die uitdrukking van vrye wil ... [Tussenwerpsels.] ... en in hierdie geval ...

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ...

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Daar kan nie 'n punt van orde op 'n punt van orde wees nie.

Die SPEAKER: Orde!

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: mag ek vra op watter punt op die Ordelys hierdie punt van orde gerig is?

*Die SPEAKER: Orde! Die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme is absoluut korrek. Ons moet egter billik wees. Ek het 'n beslissing gegee oor sake wat op die Ordelys geplaas is. Ek sal die agb Leier van die Opposisie toelaat om sy saak te stel, maar hy rek dit uit en neem 'n bietjie lank. Dit word vir my duidelik dat hy 'n punt aanspreek wat nie op die Ordelys is nie. As hy nie 'n substantiewe voorstel voor die Huis bring nie, of 'n versoek, sal ek hom binne die volgende paar sekondes moet stop. Ek wil h die agb Leier van die Opposisie moet dit duidelik maak wat hy impliseer. [Tussenwerpsels.]

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, ... [Tussenwerpsels.]
*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Hy lewer 'n politieke toespraak. [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Orde! Orde! Laat ons die agb Leier van die Opposisie toelaat om voort te gaan.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, laat my binne 30 sekondes klaar maak en basies s dat 'n atmosfeer van intimidasie geskep is, wat 'n geheime stemming absoluut noodsaaklik maak. Van die kant van die ANC s ons dat daar regsmening moet wees wat regstelling soek, 'n interdik in die Hooggeregshof of 'n hersiening van die beslissing in die ... [Tussenwerpsels.] ... Konstitusionele Hof.

Intussen het ons, op daardie grondslag, die mosie van wantroue voorlopig teruggetrek ten einde die saak van die geheime stemming eers by wyse van 'n regshersiening op te klaar. [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Orde! [Tussenwerpsels.] Orde! [Tussenwerpsels.] Orde! Ek sal die saak na die Relskomitee verwys, waar alle partye verteenwoordig is, vir oorweging. Aangesien die agb Leier van die Opposisie die optrede verduidelik het wat hy in hierdie verband sal volg, sal ek ook ander agb lede, indien enige, toelaat om my kortliks hieroor toe te spreek.

Aangesien niemand my wil toespreek nie, sal ek dit vir oorweging na die Relskomitee verwys.

Ek moet daarop wys dat ek in my brief dit duidelik gestel het dat die Speaker nie sake in sy eie hande kan neem waar die Rels reeds sekere bepalings bevat nie. Dit is die kern van my antwoord aan die agb Leier van die Opposisie. Ek sal egter die saak na die voormelde komitee verwys.

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: te oordeel aan die Ordelys, in teenstelling met die vroer Ordelys wat vanoggend uitgereik is, moet ons dan verstaan dat die ANC die voorstel om 'n geheime stemming te h, sowel as die mosie van wantroue, teruggetrek het? [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Orde! Ja, dit is baie duidelik van die Ordelys dat dit die geval is. [Tussenwerpsels.] Orde! [Tussenwerpsels.] Orde!

Die Huis verdaag om 14:57 tot Maandag, 28 Februarie 2000.


1002	WOENSDAG, 16 FEBRUARIE 2000



	WOENSDAG, 16 FEBRUARIE 2000	1001



992	WOENSDAG, 16 FEBRUARIE 2000	


